Perskegloed

Wangknyp dag, Antagonis is vermis. Voeter langs die kus af om die somer son een laaste maal te gaan koebaai sê. Perskegloed vul elke liewe hoek. Maak reg vir die winter. Besig om vir lek plekkies te soek. Die flaminke by die vlei is al weg. Ons volg kort op hulle hakke. Spinnerakke weggewaai, Voorspel…

Vrees

Hoe lyk dit? As mens dit nie kan sien nie bestaan dit werklik? Simptome is volop, maar het enigeiemand al ooit vrees vasgehou. Diep dinge benodig roomys, So luister mooi ek kry net gou die bak. Okay; op die vloer sit en eet is my voorland en ek het onlangs besef dat lig aanlos werklik…

Padvat

My laaste sin sal jou gesig skilder. In ‘n spektrum van kleure sal jy uiteindelik jou deur my oë sien. Eg. Ek below lief, ek hou van jou. Wel soortvan. Net nie genoeg om nie weg te hardloop nie. Sit iets in die lyn van die haai wat nie mag ophou swem nie, Daar iewers…

Geheue.

Wipplank ry saa met jou begin al vervelig raak, Kyk op, Besef dat ek eintlik al vir ‘n volle uur en twintig minute alleen in ‘n parkie sit en onthou. Waaraan dink ek? Sommer ‘n bietjie van alles, Van sekuriteits wagte onstel, Vlindereer in die strate, Ruglê en sterre tel, Duur wyn uit die bottel…

Man op die Maan.

Ons liefde lyk soos daardie trappies in St James, Oneindig, Waar my asem twee tree agter is en my lag uitborrel om belaglik met die hand te groet. Ek geniet jou. Jy skree nie as ek glase breek nie en jy voer my siel met flou grappies en goeie rooiwyn. Belê in my tyd en…

Landloper

Ek vra jou waarom weerlig bestaan en jy skilder my trane op ‘n padkaart. Ek vra jou waarheen ons oppad is en jy skeur bogenoemde padkaart op en skets jou hartklop in my oordrom. Ek vra jou wat nou en jy skree wat as. Ons klim graag die muur uit net om te kyk wat…

AB+

Ek herken die waarheid in my are getik, maar die teks bestaan nie en ek verstaan nie. Vee oor my vel en kyk weer engel. Dalk sal ons albei weet wat hier bo in my kop aangaan Vryf harder, Tot die bloed terug begin bloos. Moet myself daagliks herinner jy is ‘n doo soos ‘n…

Lam

Ek noem hom verlede in goeie geselskap en bliksem in my wynkringe. Nie omdat hy werklik ‘n slegte persoon is nie, maar bloot vir die feit dat hy ‘n koudbloedige pessimis met feminis op haar bors geverf, in ‘n lammetjie verander het. En skape blêr my ding. ———– Lam: Ons speel aan-aan met mekaar se…

Nag Sweet

Ek skryf so met 8 uur intervalle, Met my vinger in die ruit se wasem, Ons storie netjies voor my uitgelê. Elke woord, Koolstof en water, Word voor my oë weggevee. Jy en jou sterk vingers wat saggies jou naam op my rug teken, Krap dit hierdie keer dieper in my vlees lief. Voor ek…

Koffie.

Kom ons gesels verder oor die gehardloop van tyd en die ure wat al saam met my ou gelaatsrekke weggeraak het. En oor al my slegte gewoontes wat al hulle eie slegte gewoontes aangeleer het. Nog ‘n koppie koffie want my lewer is al lankal in die moeilikheid. Ek blameer die beweeg van tyd. Onthou…