Man op die Maan.

Ons liefde lyk soos daardie trappies in St James,

Oneindig,

Waar my asem twee tree agter is en my lag uitborrel om belaglik met die hand te groet.

Ek geniet jou.

Jy skree nie as ek glase breek nie en jy voer my siel met flou grappies en goeie rooiwyn.

Belê in my tyd en vertel my stories wat my aandag aftrek wanneer my siel in die donker gaan duik.

Ons is té slim sê jy.

Teminste is jy slim genoeg om te weet dat ek myself kan dra maar nogsteeds met jou arms regstaan vir die wilde dae.

Jy herinner my aan iemand,
wat ek in ‘n ander lewe elke dag in ‘n biblioteek of die poskantoor raakgeloop het.

Doodgewoon,
maar buitengewoon sterk. ‘n konstante.

Nou onmisbaar.

Is seker hoe die Maan voel.

Vanselfsprekend aanvaar,

Toe

leer die see saamdans

Nou onmisbaar.

Man op die Maan.

M.a.W

Leave a comment