Nag Sweet

on

Ek skryf so met 8 uur intervalle,

Met my vinger in die ruit se wasem,

Ons storie netjies voor my uitgelê.

Elke woord,

Koolstof en water,

Word voor my oë weggevee.

Jy en jou sterk vingers wat saggies jou naam op my rug teken,

Krap dit hierdie keer dieper in my vlees lief.

Voor ek hom vergeet.

Voor ek jou weer met my giftige tong wegsweer en wens dat ek nie my hart verloor het nie.

In ‘n selfgemaakde hok sit ek met die sleutel en probeer myself uitgrawe.

Ek spaar my glimlagte vir reënweer, sonsondergange en jou.

Net jammer ons sit in ‘n droogte,

My gordyne is al vir maande lank toegetrek,

En jy,

Wel jy bly te vêr.

 

 

Leave a comment